Ambassade, Kweekhuis, Kerk

Ons lewe in ‘n wêreld waar filosofieë (meestal onwillekeurig) met die tyd ontwikkel en verander; filosofieë wat die grondslag van ons gedeelde samelewing vorm. Ons in hierdie 21ste eeu lewe in ‘n oorwegend sekulêr-humanistiese tyd, met mense se gelowe en oortuigings soos private choc-chip stukkies in die publieke, sekulêre koekie verstrooi. Hierdie koekie is die gees van ons tyd – en ons voel dit aan in die ongeskrewe reëls van ons dag-tot-dag: by die werk, by die winkel, by kuiers, in ons verskeie openbare ruimtes, en selfs ook aanlyn.

Continue reading “Ambassade, Kweekhuis, Kerk”

Randburg | ‘n Gedig

herinner my
hoekom is ons nouweer hier weg?

na maande steeds weer tuis
(versigtiger, besoeker-tuis)
by hartsmense wat dele van my raak-
kuier waarna ek nie besef het
ek verlang nie
dis of stukkies
wortels nog altyd hier
weer wil-wil begin water trek
ouer blare ‘n vae bekende
groen wil maak

met U dieper wortels en immernuwe blare
herinner my

Sy Gesig in die Swakstes

Ek het dit ervaar toe ons onlangs by vriende met twee kinders gaan kuier het. Ek ervaar dit wanneer ek in die teenwoordigheid van my vrou se ouma is. Ek het dit ervaar toe ek die naweek met ‘n vriend oor sy broer met Down’s Sintroom gesels het. Iets gebeur in my wat ek sukkel om te verwoord – maar ek wil probeer.

Continue reading “Sy Gesig in die Swakstes”

Dood se Dinges

Ek dink nogal dikwels in terme van teenstrydige narratiewe, of verskillende hoeke waaruit die storie van wie ons is vertel en beskou kan word. My broer het onlangs dit anders gestel, deur te verwys na twee paaie waarin mens op enige tyd kan stap. Ek het die afgelope week daarvan bewus geraak dat daar een narratief veral is wat mens maklik in hierdie wêreld begin glo, omdat almal rondom mens so maak. En dis die pad van verganklikheid.

Dis die storie dat ons elkeen se lewe tydelik is, dat ons lewens maar ‘n stadige agteruitgang en dan dood is — dat ek en jy tot ‘n beperkte bestaan verdoem is. En sodra ons saamstem met hierdie narratief, al is dit hoé subtiel, bou dit ‘n hok om ons hart wat ons hoop kan uitteer en van ons geloof ‘n bakkie water binne die hok maak.

Continue reading “Dood se Dinges”

Tussen Kaart en Gids

Ek is iemand wat smag na konteks: na hoekom, na waar is ek/ons, na die groter prentjie. Dit maak dat ek my wortels diep in my plek of omstandighede insak, met die konteks in al sy fasette (geskiedenis, kultuur, persoonlikhede, ritmes en roetines, ens) wat my hier en nou inlig en stuur.
Dit maak egter ook dat ek met tye van verandering verál soek na konteks. Die groter hoekom van die verandering; insig oor waarheen ek op pad is.

Dit is tans weer die geval met my en Alisa se oppak en Engeland toe gaan. Ek het ‘n werksgeleentheid in Cambridge gekry en ons kry ‘n 3-jaar Visum. En dadelik wil ek ‘n visie en ‘n missie hê, ‘n groot hoekom wat nie net my hart reg gaan rig nie, maar my ook met energie en passie tot in my voete vul.

Continue reading “Tussen Kaart en Gids”

Kyk na die Spreeu

Ek het tydens middagete buite op my kantoorspasie balkon gaan sit en eet. Ek eet graag buite; mens kyk so uit op Stellenbosch se berge en haar skarrelende studente.

Tydens hierdie middagete het daar ‘n spreeu (‘n Rooivlerkspreeu) op die balkon se reling kom sit. Op die hoek, seker so 1.5 meter van my af. Hy het nie ‘n saak met my gehad nie, en ek het hom nie verjaag nie. Ons albei was rustig besig met ons eie ding, besig om wyd te kyk – hy egter dalk nog op soek na sy middagete.

Waar ek gewoonlik met middagete my selfoon uithaal en my met iets digitaal begin besig, het ek eenvoudig net vir die spreeu gesit en kyk. Sy bek, sy oë, die bondeltjie spiere bedek met blink vere. Hy het homself begin was, of sy vere gestryk. Wat gaan in sy koppie aan? Onderskat ons hulle intelligensie? Ek wonder of hy fokus met een oog op ‘n slag…

En stil-stil, sonder dat ek daarvoor gesoek het, het daar ‘n onverwagse verwondering in my begin verrys. Iets byna kinderlik het vanuit my werk-gefokusde ek na vore getree. Nie net hierdie spreeu nie, maar ook ék is ‘n bondel selle en organe wat op ‘n wonderlike manier saam werk. Op ‘n heilige manier. Ek sit kos in my mond, maar die meeste van wat ek “eet” noem is onwillekeurig, of buite my beheer. Ek en die spreeu is albei diere ja ek het ‘n siel en gees ook maar ons is albei diere. Geskape. Ontvangers van lewe.

Jesus het ons self genooi om na die voëls te kyk:

Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.

Jesus in Mattheus 6:26 (The Message)

Waar ons selfone, ons lysies, die advertensies en kennisgewingsborde ons só maklik ek-gesentreerd maak. En waar ons doen, ons alewige dit en dat afhandel, só die kleur van blote wees uit ons kan laat syfer. Hierteenoor kom Jesus en sê: kyk na die voëls.
Stop. Hou op hemels naam vir ‘n ruk op produktief wees. Breek die momentum van jou gejaagde siel. Stop. En kyk na die mooi wat Ek gemaak het. Sien die bome. Sien die voëltjies – baljarend met die lewe en die energie van God. Alles onverdiende lewe, onvoorwaardelike liefde, alles polsende genade. En jy is vir My meer werd as hulle.

Mag ons stop en kyk, en die oë van ons liefdevolle, opgewonde Maker ook op óns voel soos ons Sy handewerk aanskou.

Die Plekke in Jou

Ek was die afgelope naweek in die Tankwa-Karoo, onder andere op my pa’le se plaas: Langepietsfontein. Dis ‘n plek waarvoor ek baie lief is. Ek was meer as 6 jaar laas daar.

Ek, Alisa (my vrou) en my ouers het by Skoorsteenberg Cottages gebly, op die buurplaas – so in die skaduwee van Skoorsteenberg. My daar-wees was vir my ‘n onbeskryflike lekker; ek het só lank uitgesien daarna om hier te wees, en hier is ek nou!
So half-pad deur die naweek het Alisa agtergekom dat ek nie tussendeur sing nie (ek sing omtrent altyd). Ek moes tóé al weet iets dieper is aan die gebeur in my.

Continue reading “Die Plekke in Jou”