Hoop Uitgestort

Ek sit hierdie afgelope naweek met sonopkoms teen ‘n koppie in die Karoo, en lees die volgende gedeelte raak:

Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar ‘n vrou gekom met ‘n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet. Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: ‘Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie? Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop [word].’

Markus 14:3-5a

Hierdie reukolie kon verkoop word vir ‘n groot hoeveelheid geld (‘n jaar se lone vir ‘n dagloner in daardie tyd). Geld waarmee daar enigiets gedoen kon word. Geld wat die hoop op menige dinge ingehou en verteenwoordig het. Kos, klere, ‘n toer iewers heen, skuld gedelg, ‘n stuk onafhanklikheid, ‘n geskenk vir ‘n geliefde, verligting vir iemand wat minder het, ens.

Hoop. Daardie vrou in die melaatse se huis bring hierdie duur flessie olie daar by die kamer in – die flessie welriekende moontlikheid en hoop. En tot almal se afgrys breek sy dit oop en gooi al die olie op Jesus uit. Nie so die helfte nie; elke druppel.

Ons elkeen het ‘n albaste flessie met ons, gevul met ons wense en drome en ons hoop. Ek wil ‘n hoog-geagte ingenieur wees. Ek wil graag trou. Ek wil eendag in gemak kan aftree. Ek wil kinders hê. Ek wil ‘n boek skryf. Ek wil terugkom Suid-Afrika toe. Soos ek daar teen die koppie gesit het, het die Here my ‘n vraag gevra – en ek wil dit aan jou ook vra: is jy bereid om al jou hoop op My uit te stort? Is Hy waardig om met ál die reukolie van my hart bedek te word? Of is daar dalk iets wat ek terug hou?

Ek wil jou nooi: kom ons gaan met hierdie prentjie en hierdie vraag op reis hierdie week. Waarop sit jy jou hoop? Wat is vir jou ononderhandelbare merkers in jou toekoms?

Mag die Here ons hierin ontmoet.

Alabaster – Rend Collective
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.