Die ‘Ons’ wat Ons Vorm

Ek was vir ‘n baie groot gedeelte van my grootword (veral op skool) oortuig daarvan dat my geloof en my verhouding met God ‘n private, individualistiese saak was. Gebede was een-tot-een tussen my en Hom (behalwe voor ete, wat vir lank in elkgeval ‘n rympie was). Sondag-oggende in die Kerk was dit vir my ‘n individuele tyd met God: parallel met die individue wat rondom my was, en via die woorde van die predikant. Ek en Hy. Die sosiale aspek van Sondagskool was vir my ‘n aandag-aftrek van daardie een belangrike Verhouding. En wanneer die VCSV (later JAM – Jesus And Me) tydens skoolpouses bymekaar gekom het om op die Rugby-veld te bid, het ek so ver as moontlik weggebly, want hierdie ons en God het nie vir my sin gemaak nie. Dit was ék en God.

Lees Meer

Advertisements

Die Punt | ’n Gedig

advertensies waar ek kyk
berigte langs die pad
wys na my toe
is vir my oë beskore
verkeersligte en neon ligte wys na my toe
tekens en borde en pyle en “specials”
wys alles na my toe
die middelpunt. die
Punt

maar die bome
en struike, die blomme
en die sterrehemel
die berge en branders
en die voëls wat duskant die
wolke rondsweef
het nie ‘n saak met my nie
wys heel by my verby
na die Punt van alles

ook van my.

Slowing Down to Catch Bigger Waves

We are an incredibly busy people. A productive people. Roll open an average week, and you’ll see responsibilities, tasks, meetings/appointments and the like, filling it to the brim. And then there’s family time. And then there are the things we love to do; hobbies.

With many things to be done, speed invariably becomes essential. The pace picks up to match the time supply with task demand. At work, we hasten to get things done in the time uninterrupted by meetings. Coffee/tea and lunch breaks are time slots in which to breathe before we get down to it again. We probably end up working a little late, meaning what needed to happen after work, needs to get done faster. Going to gym, or going to Pick n Pay. Home time is less than we would have liked, and hence more crammed than we would have liked.

Read More

Môreson | ’n Gedig

Die son wil-wil loer oor
die koue karoo-rant
die oggend vra sy vraag
geruisloos
teen ‘n veraf gebler

wat sal jy vandag waag?
wegkruip is maklik
speel net die spel
veilig besig versteek

maar soos die oggend die veld
se kleure na vore roep
vra die stille oggend mý
sal jy vandag in volkleur antwoord?

Die sonstrale raak nou
warm aan my gesig —
om te lewe is om te waag
om gesien te word.

Tente en Duine: Lesse uit Namibië

Ek het einde Junie die voorreg gehad om saam met my familie bietjie in Namibië rond te toer — van Sesriem/Sossusvlei af op tot by Etosha. En dit met my pa se Landy 110. Met nabetragting is daar, tussen die lekker kuier en nuwe horisonne verken, twee metafore wat vir my uit die toer opval — en in hierdie stuk wil ek dit graag deel.

Tente

Op die Namibië-toer het ons ‘n hele paar keer tent opgeslaan. Een vir my ma’le, een vir my en Alisa, en een vir my broer. Dis deel van kamp se unieke lekker: om met jou eie hande jou rus- en slaapplek oop te vou, vas te kap, op te slaan en gemaklik te maak. ‘n Tent in die vreemde is vir my soms luukser as ‘n luukse hotel…totdat jy dit weer moet opslaan. Ja, dis die spreekwoordelike gatslag van kamp en in ‘n tent slaap: wanneer jou tyd op ‘n plek verstryk het, moet jy alles weer opslaan, styf oprol en wegpak.

Lees Meer

Die Vraag wat net ʼn Pa kan beantwoord

Iemand wat grootword in ‘n huis met beide ‘n pa en ‘n ma kry gewoonlik verskillende tipes liefde by pappa en mamma (alhoewel daar natuurlik beide uitsonderings en oorvleuelings is). Die ma is gewoonlik die veilige toevlug, die bron van sorg en die vergestalting van onvoorwaardelike liefde. Hierteenoor is die pa gewoonlik die een wat uitdaag, aanpor om beter te doen — en sy liefde kan soms selfs voorwaardelik voel.

Dink bietjie terug aan jou eie kleintyd. Dink byvoorbeeld aan wanneer jy ‘n skool-rapport huistoe gebring het.

Lees Meer

Bobby

ek was in matriek toe ons jou gekry het
daar in melkbos, al bytende
die slim een
wat oor sy ma se rug geklim het om by die melk uit te kom
later jong skou-hond
tot jy nie so breë-borstig ontwikkel het soos die “judges” wou hê nie

die bokser wat ek moes agterlaat
met my universiteit-toe gaan
met my huis-verlaat en ek-word
met my Jozi-toe trek
die een vir wie ek altyd opgewonde kom groet het
die een vir wie ek altyd weer moes bye
voor die in-die-kar-klim – eers Stellenbosch toe, later lughawe toe

my tuiskom-hond

deur Freddie touwys gemaak
en saam met Jackie groot en later grys geword
met Amy wat jou in jou oudag jonk gehou

Bobby. Bobbelasie-hondjie
ek het gehoop ek kan in Augustus weer met jou speel
bal gooi of bloot saam opgewonde wees oor die saam-wees
ek was te lanklaas in Durbanville
het jou in November laas gesien

ek het my ma se boodskap aan my lyf gevoel

ek gaan jou mis